Helen Mirren
Het jy gehoor?

FOTO’S: Dié modehuise kies ouer gesigte as hul ambassadeurs

Adweek berig dat meer en meer modehuise ouer gesigte gebruik in hul advertensie-veldtogte. Bekende handelsmerke soos Kate Spade, Céline én L’Oréal dryf almal handel in die winsgewende “silwer ekonomie”.

Dame Helen Mirren (hooffoto) is ’n handelsmerk-ambassadeur vir L’Oréal. Dié 69-jarige aktrise is van die bekender ouer gesigte, maar beslis nie die enigiste een wat tans naam maak nie.

Die Franse modehuis Céline het vroeër dié jaar die tonge laat gons toe hulle die skrywer Joan Didion (80) as die gesig van hul Lente 2015-veldtog aankondig.

celine

Slegs twee dae daarna is die musikant Joni Mitchell (71) aangewys as die gesig in die luukse Franse handelsmerk Yves Saint Laurent se advertensies.

Saint Laurent

 

Die Amerikaanse modehuis Kate Spade was kort op hul hakke en het gesorg dat die “grys” neiging nie sommer gou sal oorwaai nie. Die internet was in rep en roer toe hulle die 93-jarige stylikoon Iris Apfel én die Victoria Secret-model Karlie Kloss (22) in hul Lente 2015-veldtog gebruik het.

Kate Spade

Lees volledige storie HIER.

Bron: Adweek

Lees ook