Hierdie is een van Barney se gunsteling skyfies. Dit is geneem in Shernbourne en dié teken is verwyder tydens die oorlog. ’n Namaaksel staan vandag in sy plek.
FOTO:  Barney Britton

Hierdie is een van Barney se gunsteling skyfies. Dit is geneem in Shernbourne en dié teken is verwyder tydens die oorlog. ’n Namaaksel staan vandag in sy plek. FOTO: Barney Britton

Het jy gehoor?

FOTO’S: Só lyk ’n romantiese wittebrood in 1939

Dié 1939-bruid se groot dag was anders as die troues wat ons vandag ken. Daar was nie ’n wit rok nie en beslis nie ’n aanlyn-registrasie by Yuppiechef of Boardmans nie! Tog sal hierdie wittebroodfoto’s van Margaret en Denys Gardiner ’n glimlag op jou gesig sit.

Dit was 1939 in Engeland, nét voor die Tweede Wêreldoorlog, en al kon Margaret en Denys se troue nie uitspattig wees nie, was hulle verlief – en dis al wat saak gemaak het. ’n Paar maande ná die troue het die gelukkige paartjie met hul motor, ’n Morris Eight Convertible, die Engelse platteland ingevaar. Dit was maar net ’n paar weke voordat die wêreld in oorlog gedompel is …

Die foto’s van die wittebrood was vir 75 jaar lank verlore, maar die paartjie se kleinseun, Barney Britton, het onlangs daarop afgekom toe hy sy ouma se solder skoongemaak het. Die foto’s is in kleur – ’n nuwigheid vir daardie tyd – en geneem met 35 mm- Agfacolor-film.

Hier is die storie van hul wittebrood in foto’s

Margaret en Denys is in die Church of the Holy Trinity in Hampstead, London getroud in April 1939 FOTO:  Barney Britton

Margaret en Denys is in April 1939 in die Church of the Holy Trinity in Hampstead, Londen, getroud.
FOTO: Barney Britton

Margaret en Denys het in Augustus 1939 op hut wittebrood in Engeland gegaan in hul Morris Eight Convertible. Hulk an, Edgar, is ook saam. FOTO:  Barney Britton

In Augustus 1939 het hulle op hul wittebrood gegaan en met hul Morris Eight Convertible deur die Engelse platteland gery. Hul kat, Edgar, is ook saam.
FOTO: Barney Britton

Die paartjie het van Londen af, deur Norfolk, Lincolnshire na Yorkshire toe gereis. Hulle het gereeld gekamp. Hier is hulle in Yorkshire. Kan jy vir Edgar sien? FOTO:  Barney Britton

Die paartjie het vanaf Londen deur Norfolk en Lincolnshire na Yorkshire gereis. Hulle het gereeld gekamp. Hier is hulle in Yorkshire. Die paartjie se nefie, Eldred, ‘n suksesvolle fotograaf, het die wittebrood gedokumenteer. FOTO: Barney Britton

Margaret (26) was ’n verpleegster en het in die hospitale gewerk tydens die oorlog. Hier groet van die plaaslike kinders haar toe die paartjie gestop het in Norfolk of Yorkshire. FOTO:  Barney Britton

Margaret (26) was ’n verpleegster en het later tydens die oorlog in hospitale gewerk. Hier groet van die plaaslike kinders haar toe die paartjie op hul wittebrood iewers in die platteland gestop het.
FOTO: Barney Britton

Denys koop vir hom, sy nuwe vrou en Eldred roomys in Norfolk. FOTO:  Barney Britton

Denys koop roomys vir hom, sy nuwe vrou en Eldred.
FOTO: Barney Britton

’n Romantiese piekniek on die bome in Lincolnshire. FOTO:  Barney Britton

’n Romantiese piekniek onder die bome in Lincolnshire
FOTO: Barney Britton

’n Kronkelende pad tussendeur helder geel landerye in Norfolk. FOTO:  Barney Britton

’n Kronkelende pad tussen heldergeel landerye in Norfolk.
FOTO: Barney Britton

Denys stop en help die plaaslike boere om hooibale uit die pad te kry – ’n outydse verskeersknoop. FOTO:  Barney Britton

Denys stop en help die plaaslike boere om hooibale uit die pad te kry – ’n outydse verskeersknoop!
FOTO: Barney Britton

Kort nadat die vakansie verby was, op 1 September 1939, is Poland ingevaar deur Duitsland onder leiding van Hitler. Brittanje het twee dae later oorlog verklaar teen Duitsland.  FOTO:  Barney Britton

Kort nadat die vakansie verby was, op 1 September 1939, het Duitsland Pole ingeval. Brittanje het twee dae later oorlog teen Duitsland verklaar
FOTO: Barney Britton

Kyk na nóg foto’s van dié wittebrood HIER.

Het jy ou troufoto’s of wittebroodfoto’s wat jy met ons wil deel? Stuur dit aan lucelle.hough@sarie.com en vertel die storie!