FOTO: Instagram @sueduminy

FOTO: Instagram @sueduminy

Het jy gehoor?

FOTO’S: Die vroue agter die Proteas

AB de Villiers en die Protea-span spook nou sake teen die wêreld se bestes uit by die Krieketwêreldbeker-toernooi in Australië en Nieu-Seeland. Van die spelers se vroue het saamgegaan vir ondersteuning én ’n bietjie pret. 

Dié WAGs (vroue of meisies van hoëprofiel-sportmanne) staan bankvas agter hul manne, netjies geklee in groen-en-geel, en hulle mis selde ’n wedstryd.

Imari, Faf du Plessis se vrou, het dié foto op sosiale media gedeel. Hier staan sy met haar mede-WAGs: Mandy Hudson, Vernon Philander se vriendin, Danielle, AB de Villiers se vrou, en Sue, JP Duminy se vrou.

Imari ondersteun vir Faf

Sue Duminy (middel) het ’n wedstryd saam met Imari en Danielle gekyk. Die Proteas het dié dag die West Indies in Sydney oordonder. 

We’ve got your backs A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Wat dié dames van krieket weet…

Sue probeer om krieket aan vroue te verduidelik. Dit lyk nie of JP heeltemal saamstem nie…

Danielle en AB ruil bietjie rolle

Lees ook