Het jy gehoor?

FOTO’S: Donnalee Roberts se nuwe haarstyl

Die gewilde aktrise Donnalee Roberts het haar lang hare korter gesny – en haar inspirasie was die model Rosie Huntington-Whiteley se lang bob. 

FOTO: Hanri Human Grimering en stilering: Suna Robberts Hare: Liezl Zene

FOTO: Hanri Human
Grimering en stilering: Suna Robberts
Hare: Liezl Zene

Die verfilming van Vir Altyd, haar en Ivan Botha se nuwe fliek waarvan SARIE ’n mediavennoot is, het baie stremming op haar hare gesit. “Ek was heeltyd in die son, die see en wind en ons het verskillende tonele per dag geskiet waarvoor my hare stileer moes word,” vertel Donnalee. “Daarna het ek besluit om dit korter te sny sodat dit weer gesond kan uitgroei.”

Sy is mal oor die korter hare en sê sy voel ligter. “Dit neem net 10 minute om dit droog te blaas en dit lyk lekker vars.” Donnalee vertel sy het nog nooit kort hare gehad nie en sê sy het nog altyd gedink ’n lang bob sou die ideale middeweg wees indien sy haar lang hare wou sny. “Deesdae is die lang bob oral, dit is asof dié styl nou oor die hele wêreld vlam gevat het.”

’n Foto van die model Rosie Huntington-Whiteley het haar geïnspireer om juis dié haarstyl te probeer.

 

A photo posted by Rosie Huntington-Whiteley (@rosiehw) on

As natuurlike blondine is dit vir haar lekker om weer ligter hare te hê. “Ek het op universiteit my hare sjokoladebruin gekleur om bietjie iets anders te probeer, maar ek het al die jare op skool donkerblonde hare gehad. Dit is vir my belangrik om my karakters hul eie identitiet te gee sodat hulle maklik van mekaar onderskei kan word, daarom het ek vir Nina se karakter in Vir Altyd besluit om dit weer ligter te kleur. ”

Haar haarkappers Michelle en Leandi by Veaudry International in Johannesburg en David by Tosca Salon in Stellenbosch het haar baie gehelp met die oorgang van brunet na blondine. “Dit is vir my baie belangrik dat my hare gesond moet lyk en voel,” sê Donnalee.

Op die vraag of sy ooit haar hare sal afsny vir ’n rol, antwoord Donnalee sy sal dit slegs doen as dit bydra tot die rol en absoluut nodig is vir die karakter om kort hare te hê. “Ek dink sekere mense lyk pragtig met kort hare, maar ek verkies my hare lank. Ek kan meer kreatief wees daarmee en met verskillende style en vlegsels eksperimenteer.”

FOTO: Hanri Human Grimering en stilering: Suna Robberts Hare: Liezl Zene

FOTO: Hanri Human
Grimering en stilering: Suna Robberts
Hare: Liezl Zene

As aktrise en vervaardiger is Donnalee verskriklik besig en al was sy ’n paar keer vanjaar op Mauritius vir die verfilming van Vir Altyd, was dit beslis nie ’n vakansie nie. Dié haarstyl is soos die Engelse sal sê a change is as good as a holiday. En die lekker ding van hare is dit kan altyd weer terug groei!”

Hier is nog foto’s van Donnalee se nuwe haarstyl:

FOTO: Hanri Human
Grimering en stilering: Suna Robberts
Hare: Liezl Zene

FOTO: Hanri Human
Grimering en stilering: Suna Robberts
Hare: Liezl Zene

FOTO: Hanri Human
Grimering en stilering: Suna Robberts
Hare: Liezl Zene

FOTO: Hanri Human
Grimering en stilering: Suna Robberts
Hare: Liezl Zene

FOTO: Hanri Human
Grimering en stilering: Suna Robberts
Hare: Liezl Zene

FOTO: Hanri Human
Grimering en stilering: Suna Robberts
Hare: Liezl Zene