Elizma en Eli-zé verlede jaar
FOTO: Facebook

Elizma en Eli-zé verlede jaar FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

VIDEO: Elizma Theron se Eli-zé sing saam

Elizma Theron het onlangs dié video van haar pienkvoet Eli-zé gedeel. Dit lyk asof die kleinding nie net haar ma se grootste bewonderaar is nie, maar dalk ook haar musikale talent geërf het!

Kyk net hoe groot is Elizma se baba Eli-zé al. Die sangeres het onlangs dié video waar sy en Eli-zé (amper 8 maande oud) saam na haar nuwe musiekvideo vir die liedjie “Trane” kyk op haar Facebook-blad gedeel. En dit lyk nie net asof sy die nuwe video geniet nie, maar asof sy ook wil saamsing.

 

In Mei het Elizma aan SARIE.com vertel haar en haar man, Nico Grobbelaar, se eersteling, Eli-zé, is op 20 Februarie 2014 gebore. “Sy is die vriendelikste dingetjie. Die eerste ding wat sy in die oggend doen, is om te glimlag.”

Om die res van daardie artikel te lees, klik HIER.

Nóg foto’s van Elizma se pienkvoet