Elizma met klein Eli-zé FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

FOTO’S: Elizma Theron se Eli-zé maak maats!

Met haar eersteling, Eli-zé, wat byna vier maande oud is, het Elizma Theron besluit om die kleinding na ’n speelgroep te neem.

Elizma het op Facebook foto’s gedeel van haar en haar dogtertjie se eerste besoek aan die “Pienkvoet-Pret-klas”.

“Ek weet nie wie het dit meer geniet nie … ek of sy,” het die sangeres en aktrise geskryf en verder uitgewei: “dis sulke lekker mamma-en-kleintjie-tyd.”

Só lyk die foto’s wat Elizma op haar Facebook-blad gedeel het.

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook

 

Dit lyk of Eli-zé gou sal maats maak met al die oulike babas en ma’s wat dié klas saam met Elizma bywoon. Elizma en haar man, Nico Grobbelaar, se klein Eli-zé is in Februarie gebore. Die paartjie is in 2012 getroud.

Elizma, Nico en Eli-zé op SARIE.com