Het jy gehoor?

FOTO’S: Emsie Schoeman kuier op 7de Laan-stel

Ons almal ken haar as die koningin van etiket, en nou het Emsie Schoeman ook haar lyf aktrise gehou!

In die storielyn oor Matrone (Annelize van der Ryst) se kankerstryd in die gewilde SABC 2-sepie 7de Laan het sy en Hilda (Annelisa Weiland) ná ’n jarelange vete die strydbyl begrawe. In so ‘n mate dat Hilda vir Matrone ’n spesiale verrassing beplan het om haar gemoed te lig.

Dié verrassing is ’n besoek van niemand anders nie as Emsie Schoeman! Matrone het baie respek vir Emsie en het al haar boeke gelees en dit as ’n riglyn in haar lewe beskou.

Die twee gesels te heerlik oor ’n lekker koppie tee.

Hier is die foto’s van die geselligheid.

Het jy al van Emsie Schoeman se boeke gelees?

  • Ja
  • Nee

Dié episode is gister op televisie uitgesaai.

Lees ook