FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO’S: George by die dieretuin

William en Kate het hul eersteling dieretuin toe geneem tydens hul besoek aan Australië – en wéér het George die kollig gesteel.

Die gesin se uitstappie na die Taronga-dieretuin in Sydney het vir groot  opwinding oor die naweek gesorg. Kate het pragtig gelyk in ’n liggeel rok met kant-detail en George het byna soos sy pa gelyk in ’n blou-en-wit gestreepte hemp met blou broek.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die gesin het ook die bilby-kamp besoek. Die Australiese regering het ná George se geboorte geld aan dié dieretuin geskenk vir die bewaring van dié inheemse dier. Boonop is een van dié diere ook na die klein prins vernoem en hy het die geleentheid gekry om sy naamgenoot te ontmoet, berig Hello!.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die Burger berig dat Wils en Kate Saterdagaand die rugbywedstryd tussen die Blou Bulle en die Waratahs bygewoon het.

Die egpaar het Sondag ’n Paasdiens bygewoon en Kate het ’n pragtige Alexander McQueen-rok en bypassende jas vir dié geleentheid gekies.

Die gesin het gister gebruik om te rus en hervat weer vandag hul toer in Canberra.

Bronne: Hello! en Die Burger