geri halliwell lees nou blocks
Het jy gehoor?

FOTO’S: Geri Halliwell se trourok herinner aan Kate s’n

Die voormalige Spice Girl Geri Halliwell en die F1-baas, Christian Horner, is Vrydag getroud, berig HELLO! Die bruid het gestraal in ’n Phillipa Lepley-pragskepping, wat jou aan Kate Middleton se trourok herinner.

Albei wit rokke spog met kant-detail en lang moue.

Geri en Christian het ewige trou aan mekaar beloof by die St Mary’s kerk in Bedfordshire, Engeland. Haar negejarige dogter, Bluebell, het saam met haar die paadjie kansel toe gestap.

Emma Bunton, oftewel Baby Spice, was die enigste ander Spice Girl wat deel van die vieringe was.

Victoria Beckham, wat by Singapoer-modeweek is, het wel mooi wense op haar Instagram-blad gedeel: “Aan my beeldskone vriendin @gerihalliwellofficial: Ek stuur vir jou liefde en geluk. Ek is so hartseer dat ek nie saam met jou kan wees op jou spesiale dag nie.”

Geri en Christian het vroeg in 2014 begin uitgaan.

Bron: HELLO!

Lees ook