FOTO: Facebook  Tufts Medical Center

FOTO: Facebook Tufts Medical Center

Het jy gehoor?

FOTO’S: Ghostbusters-akteurs besoek hospitaal

Die nuwe Ghostbusters-span, wat net uit vroue bestaan, het oor die naweek ’n hospitaal in Boston besoek, berig Popsugar. 

Die aktrises Melissa McCarthy, Kristen Wiig, Leslie Jones en Kate McKinnon het die pasiënte van die Tufts- Mediese Sentrum se hart gesteel toe hulle in hul Ghostbusters-kostuums vir foto’s geposeer het.

Hollywood Life berig dat hulle ook onder pasiënte se beddens gekyk het of daar nie spoke skuil nie.

Een van die hospitaal se personeellede, Brooke Hynes, het gesê: “Hulle was só vriendelik met al die kinders en hul ouers … Ons is baie dankbaar vir die opwinding wat hulle veroorsaak het.”

Die Ghostbusters-span skiet die laaste paar maande in Boston en die fliek sal in Julie 2016 in Amerikaanse teaters begin draai.

Bronne: Popsugar en Hollywood Life

Lees nou