FOTO: Instagram@gwynethpaltrow

FOTO: Instagram@gwynethpaltrow

Het jy gehoor?

FOTO’S: Gwyneth Paltrow en haar dogter lyk soos ’n tweeling

Die aktrise Gwyneth Paltrow en haar dogter, Apple, lyk op ’n haar na mekaar, berig Huffington Post

Gwyneth het Sondag dié foto op haar Instagram-blad gedeel. Apple (11) is langs haar broer, Moses (9), gekiek. Al het sy ’n veiligheidshelm op haar kop, is dit duidelik dat sy nes haar ma lyk.

FOTO: Instagram gwynethpaltrow

FOTO: Instagram gwynethpaltrow

Die bekroonde aktrise is bewus daarvan dat die vroue in haar familie na mekaar lyk. “Dit is vreemd. Is dit ék, of my má?” het sy onderaan dié foto van haar ma, die aktrise Blythe Danner, geskryf.

#repost Okay. This is weird. #isthatmeormymom

A photo posted by Gwyneth Paltrow (@gwynethpaltrow) on

Apple en Moses is uit Gwyneth Paltrow se vorige huwelik met die Coldplay-sanger Chris Martin gebore.

Bron: Huffington Post

Lees nou