FOTO Verskaf

FOTO Verskaf

Het jy gehoor?

FOTO’S: Hennie en Pedro trap Amerika plat

Vriende, familie en ervarings – dít is wat vir die toneelskrywer Hennie van Greunen en sy lewensmaat, die akteur, musikant en toneelmaker Pedro Kruger geur in die lewe sit.

“So ons 2016 het verbygegaan met tientalle vliegtuigritte, hotelle en huurkarre, maar dit was alles vir werk. Ons het die kaartjies vir ons Amerikaanse trippie al in Februarie bespreek en beplan sedertdien al aan die skedule en wenslyste. Die beplanningsdeel is vir my die lekkerste,” vertel Hennie.

En dit was suiwer vir plesier!

Alles het eintlik baie lekker vir dié twee uitgewerk. ’n Vriendin, wat Pedro al sedert laerskooldae ken en in Amerika werk, het in November 2015 op Franschhoek getrou. Sy en haar man woon in New Canaan, Connecticut, sowat 80 minute per trein vanaf Manhattan, en het aangedring dat hulle haar huis as basis vir hul verkennings gebruik. “Ons het ’n week spandeer in Manhattan, ons gunstelingstad. Van daar is ons tien dae na Hawai, die eilande Maui en Kauai, toe drie dae na Washington DC en daarna drie dae saam met ons vriende na Boston,” vertel Hennie.

Salige verkwikking, en inspirasie vir dié twee talentvolle manne, om die minste te sê.

Hennie is al weer fluks aan die gang met die voorbereiding vir die regie van Pa, waarin die akteurs Chris van Niekerk, Milan Murray, Stian Bam, Roeline Daneel, Gustav Gerdener en Ira Blanckenberg speel. Pedro werk aan Peter Pan, sy produksie wat al in Doha, Katar, opgevoer is. Albei produksies is vir die 2017 US Woordfees gekeur.

Intussen werk die twee ook saam aan die TV-program Klavierkuiers met Pedro vir VIA (kanaal 147 op DStv) wat in Februarie op Stellenbosch verfilm word.

Dis ’n vol vol jaar. En hulle glimlag breed.

Kyk net hoe lekker was hul Amerikaanse vakansie:

Ek en Belinda scuba in Kauai.jpg

Ek en Belinda scuba in Kauai, Hawaii.

Ter ere van die Koreaanse oorlog.jpg

Ter herinnering aan die Koreaanse oorlog.

Voor 'n seewater spuitgat in Maui.jpg

Voor ‘n seewaterspuitgat in Maui, Hawaii.

Voor die Boathouse in Central Park.jpg

Voor die Boathouse in Central Park, New York.

Voor die Capitol gebou in Washington DC.jpg

Voor die Capitol-gebou in Washington DC.

Ons arriveer in New Canaan.jpg

Ons arriveer in New Canaan.

Pedro dink aan liefde.jpg

Pedro dink aan liefde.

Pedro en Belinda se sneeugeveg.jpg

Pedro en Belinda se sneeugeveg.

Pedro in die blom atrium van die Nasionale Kunsgalery.jpg

Pedro in die blomatrium van die nasionale kunsgalery in Washington DC.

Pedro lanseer homself onder die zipline in op Kauai.jpg

Pedro lanseer homself onder die zipline in op Kauai, Hawaii.

Lees nou

Katherine Heigl wys pienkvoet

Video: Kry pienk ombré-lippe soos Bella Hadid s’n

Werkdilemma: Hoe nou?