FOTO: Instagram  Roz Kelly Morkel

FOTO: Instagram Roz Kelly Morkel

Het jy gehoor?

FOTO’S: Hoe vorder die 3 Protea-boepies?

Die Protea-krieketspelers Morné Morkel, AB de Villiers én JP Duminy se eerstelinge is byna hier. Kyk net na hul vroue se groeiende baba-boepies. 

Morné en Roz

Dié foto is sowat twee maande gelede op Mauritius geneem, tydens hul babymoon (die laaste vakansie voor ‘n paartjie se baba gebore word).

FOTO: Instagram  roz.kelly.morke

FOTO: Instagram roz.kelly.morke

Hulle is baie bewus van wat hulle eet en Roz deel gesondheidswenke op haar blog. “Lê op jou rug met jou bene teen ’n muur vir sowat 5 – 10 minute. Dit kalmeer jou senuweestelsel en is veral goed … tydens swangerskap,” skryf sy.

Morné is duidelik opgewonde. “Wanneer kom hy?” het die bouler onderaan dié foto geskryf. Hulle baba kom binne die volgende maand.

FOTO: Instagram  mornemorkel65

FOTO: Instagram mornemorkel65

AB en Danielle

Dié twee verwag hul baba aan die einde van Julie of begin Augustus.

Danielle loop oor van vreugde. Hul babymoon was ook op Mauritius.

Haar eerste swangerskap word tydens dié fotosessie vasgevang.

Danielle het vroeër dié week haar ma vir die “mooiste” ooievaarstee bedank: “Dankie vir al die advies, positiwiteit, liefde en oppas wanneer my man so lank uit die land uit is!” het sy onderaan dié foto geskryf.

FOTO: Instagram  danielledevilliers

FOTO: Instagram danielledevilliers

 JP en Sue

Hul pienkvoet maak heel moontlik haar verskyning aan die einde van dié maand: “Nog net twee weke om te gaan”, is dié foto se onderskrif.

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Sue se ooievaarsparty was een om te onthou.

FOTO: Instagram  roz.kelly.morkel

FOTO: Instagram roz.kelly.morkel

Hoewel sy bitter min weet van doeke ruil, is haar man ’n au naturel, sê sy.

FOTO: Instagram  sueduminy

FOTO: Instagram sueduminy

Al wat dié babakamer kort, is ’n pienkvoet.

FOTO: Instagram  sueduminy

FOTO: Instagram sueduminy

Só bly Roz Kelly Morkel, Danielle de Villiers en Sue Duminy besig tydens hul swangerskappe.

Lees ook