Het jy gehoor?

Foto’s: Hoogswanger Victoria Beckham

Skinderblaaie reg oor die wêreld sit en wag op die kleinding se koms, en daar het reeds hier en daar ’n storie die rondte gedoen dat die Beckhams se eerste dogter al gebore is.

Hulle het Maandag, 4 Julie, hul 12de huweliksherdenking gevier. Victoria en haar sokkerheld-man, David Beckham, het die dag saam met hul drie seuns op die strand deurgebring.

Brooklyn (12), Romea (8) en Cruz (6) het saam met hul hoogswanger ma op die strand geposeer vir foto’s en David het sy lyf fotograaf gehou, berig sfgate.com.

Later het Victoria op die strand gesit en kyk hoe David en die seuns in die water speel.

  • Paula Vorster

    Sjoe! Uiteindelik wys haar pens! Sy is so maer mens kon amper nooit iets sien nie!

  • Anna-Marie Barnard

    Swangerskap so normaal soos asemhaal! Wat maak haar en haar swangerskap so spesiaal?

  • Retha

    Dink sy moet swanger bly – sy lyk gesonder en soveel beter as net die maer lyfie.

  • Riekie Nel

    Genade!! verwag sy ‘n ollifantjie??