FOTO Instagram / @katieholmes

Het jy gehoor?

FOTO’S: Jamie Foxx en Katie Holmes is wraggies ’n paartjie!

Uiteindelik! Na vier jaar se spekulasie het steelfoto’s dit bevestig: Die aktrise Katie Holmes en sanger-akteur Jamie Foxx is toe wraggies ’n paartjie.

Sedert 2013 het die kuberruim gewonder of hulle meer as net vriende is. In Januarie 2016 is Katie gevang met ’n ring aan haar verloofvinger. Katie en Jamie is ook al ’n paar keer saam in restaurante opgemerk, maar hulle het nooit bevestig dat hulle paartjie is nie.

Maar vandag het foto’s dié nuus bevestig:

A post shared by PE✪PLETALK.RU (@peopletalkru) on

A post shared by ToyinReports (@toyinreports) on

Die paartjie het al voorheen erken dat hulle goeie vriende is, maar die foto’s wys dat hulle beslis verlief is.

Katie was met die akteur Tom Cruise getroud, maar het in 2012 ná ses jaar geskei. Die paartjie het net een dogter, Suri, saam. Na die egskeiding was Katie volgens ’n voorhuwelikse kontrak verbied om in die publieke oog ’n romatiese verhouding te hê. Dié verbod is egter nou gelig en Katie en Jamie kan sorgloos saam wees.

Jamie het twee dogters Corinne (18) en Annalise (4), maar weier om die name van hul onderskeidelike ma’s bekend te maak.