jay du plessis
Het jy gehoor?

FOTO’S: Jay du Plessis wys gesinsfoto’s van hul seevakansie

Die Afrikaanse sanger Jay du Plessis het die mooiste foto’s van hom en sy drie seuns op die strand tydens hul gesinsvakansie op Ballito aan die KwaZulu-Natalse Noordkus op Twitter gedeel.

FOTO: Twitter  Jay du Plessis

FOTO: Twitter Jay du Plessis

Die seuns, Aidan (8), Samuel (5) en Luka (1), en Jay glimlag vir die kamera. Hul ma, Mia du Plessis, het dié foto’s ook op haar Instagram-blad gedeel.

Jay het by die foto’s geskryf daar is niks beter in die wêreld as om tyd saam met sy seuns te spandeer nie.

Jay was byna drie maande gelede in ’n perdry-ongeluk waarin hy sy oogbank gebreek, ’n ooglid geskeur en sy niere en ribbes gekneus het – lees meer HIER.

Geniet die vakansie!

Lees ook