FOTO: Instagram  @jlo

FOTO: Instagram @jlo

Het jy gehoor?

FOTO’S: Jennifer Lopez en Lily James spog met nuwe kapsels

Verandering is so goed soos ’n vakansie. ’n Nuwe haarstyl is dus net die ding vir die besige glanspersoonlikhede Jennifer Lopez en Lily James. 

Die gewilde sangeres Jennifer Lopez se kort kapsel is nou selfs korter. Sy het dié foto met haar meer as 22 miljoen Instagram-aanhangers gedeel.

Short hair don’t care,” skryf dié 45-jarige oor haar hare wat net onder haar ken val. 

FOTO: Instagram  jlo

FOTO: Instagram jlo

Die Downton Abbey-aktrise Lily James het nie net van haar lang lokke ontslae geraak nie, maar sy het dit ook donkerder gekleur. Haar kenmerkende lang, blonde hare is nou bruin en hang op haar skouers.

FOTO: Instagram  lilyjamesofficia

FOTO: Instagram lilyjamesofficia

“Nuwe hare,” het die Cinderella-aktrise onder dié foto geskryf.

InStyle berig dat Lily, wat eintlik van nature ’n brunet is, haar hare vir ’n rol in Pride and Prejudice and Zombies gekleur het.

Aanhangers is gaande oor Jennifer en Lily se nuwe kapsels. Wat dink jy?

  • Ja
  • Nee

Bron: InStyle

Lees nou