Jennifer Love Hewitt
Het jy gehoor?

FOTO’S: Jennifer Love Hewitt se groeiende baba-maag

Jennifer Love Hewitt spog met haar groeiende baba-maag in die Maart-uitgawe van American Baby. Die aktrise en haar akteur-man, Brian Hallisay, gaan binnekort hul tweede kind verwelkom.

Sy vertel aan die tydskrif dat swangerskap definitief sy voordele het: “Ek is al die afgelope 25 jaar ’n aktrise, en het by tye nie geëet nie. Om swanger te wees is nogal bevrydend.”

Jennifer Love Hewitt

“Toe ek Autumn [haar eerste dogter] verwag het, het ek alles geëet wat ek gesien het. Met my tweede swangerskap weet ek dat die baba dit nie nodig het nie. So ek eet gewoonlik gesonde kos, maar bederf ook myself,” het sy bygevoeg

Die Criminal Minds-aktrise verstaan dat dit belangrik is om te rus wanneer jy swanger is: “Baie van ons is so besig en ons vergeet om na onsself te kyk. Wanneer jy swanger is, gaan dit oor jou en die baba binne jou. Geniet gerus ’n middagslapie. Luister na jou liggaam. Ek hoop om dit steeds te doen, selfs ná die geboorte van my baba.”

Jennifer Love Hewitt

Jennifer en Brian het in 2013 in die geheim getrou. Hul dogter, Autumn, is 16 maande oud.

Bronne: American Baby en Huffington Post

Lees ook