john goodman
Het jy gehoor?

FOTO’S: John Goodman verloor 50 kg

Die Hollywood-akteur John Goodman is op ’n streng dieet en het reeds 50 kg verloor, berig Daily Mail

Die 63-jarige akteur het gisteraand die koppe in Londen laat draai met sy slanker lyf by die première van sy nuutste fliek, Trumbo.

Presies ’n jaar gelede het John só gelyk by ’n geleentheid in Hollywood.

 

John het in die verlede geen geheim daarvan gemaak dat hy baie lief vir kos is nie. Hy het tong in die kies aan People gesê hy gebruik baie van sy “energie” om op die rusbank te sit en te wonder wat hy volgende gaan eet.

John het tussen 2007 en 2010 ook 50 kg verloor. Hy het dit gedoen deur op te hou alkohol drink en gesonder te eet. Ongelukkig kon hy nie die gewig af hou nie en sy persoonlike afrigter, Mackie Shilstone, het hom gemotiveer om weer met die dieet te begin.

Volgens Hollywood Life het hy het alle suiker en alkohol uitgesny en volg hy ’n Mediterreense dieet.

Welgedaan, John!

Bronne: Daily MailPeople en Hollywood Life

Lees ook