FOTO: Twitter  @LilyRoseMelDepp

FOTO: Twitter @LilyRoseMelDepp

Het jy gehoor?

FOTO’S: Johnny Depp se dogter maak model-debuut

Met fotogeniese ouers soos Johnny Depp en Vanessa Paradis is dit geen verrassing dat Lily-Rose, hul dogter, onlangs haar modeldebuut gemaak het nie! E!News berig dat dié 15-jarige in die Australiese tydskrif Oyster te sien is.

“Lily-Rose Depp het die gesig van ’n engel en ’n magnetiese aantrekkingskrag,” skryf Oyster.

Introducing: @lilyrose_depp, now on oystermag.com shot by @danaboulos ✨

A photo posted by Oyster Magazine (@oystermagazine) on

’n Tydjie terug het Lily-Rose koppe laat draai toe sy ’n Chanel-modeperade in Parys bygewoon het. Tog is dit steeds nie duidelik of die tiener ’n loopbaan as model oorweeg nie.

 

@lilyrose_depp for @oystermagazine shot by me

 

A photo posted by Dana Boulos (@danaboulos) on

Lily-Rose en haar broer, Jack (13), is Johnny en Vanessa se enigste kinders. Die Pirates of the Caribbean-akteur en die voormalige model se paadjies het in 2012 geskei nadat hulle 14 jaar saam was.

Vir nog foto’s klik HIER.

Lees ook