FOTO: Facebook  Amor Vittone

FOTO: Facebook Amor Vittone

Het jy gehoor?

FOTO’S: Joost van der Westhuizen en gesin hou vakansie op Mauritius

Joost van der Westhuizen, Amor Vittone en hul kroos hou nou op Mauritius vakansie. Amor het heelparty foto’s van dié gesinsvakansie op haar Facebook-blad gedeel.

Die gesin hou vir ’n week lank op dié eiland vakansie. Saam met hulle reis Johan Visser wat vir Joost, wat aan MNS ly, help.

FOTO: Facebook  Amor Vittone

FOTO: Facebook Amor Vittone

“Genade, gaan die kinders nie skool nie, as ’n mens sien is hulle êrens op pad heen,” het een aanhanger gevra.

Kylie en Jordan FOTO: Facebook  Amor Vittone

Kylie en Jordan FOTO: Facebook Amor Vittone

“Los Amor uit!” het ’n ander aanhanger van haar laat hoor. Talle ander het Amor bedank dat sy Joost ondersteun en haar ’n “steunpilaar” genoem.

FOTO: Facebook  Amor Vittone

FOTO: Facebook Amor Vittone

Die 43-jarige ma van twee het verduidelik dat haar kinders se private skole nou met vakansie is.

Lees ook