10320558_10152276017882239_3908628638606405844_n
Het jy gehoor?

FOTO’S: Juanita du Plessis in Londen – ‘dit herinner aan Pretoria’

Juanita du Plessis het onlangs in Londen gekuier as deel van die SA goes London-toer. Sy deel van haar hoogtepunte op haar Facebook-blad.

Sy noem dié optrede wat in die Hammersmith Apollo-teater in Londen gehou is “heerlik” en “onwerklik”.

Sy beskryf Londen verder as ’n pragtige stad wat haar baie aan Pretoria se middestad herinner. Sy was ’n regte toeris en het die kasteelagtige geboue en rooi busse van Londen bewonder. Hier is foto’s van haar Londense toer:

FOTO:  Facebook

Juanita, Riana Nel, Theuns Jordaan en Bok van Blerk op die verhoog FOTO: Facebook

Juanita en Riana Nel FOTO:  Facebook

Juanita en Riana Nel
FOTO: Facebook

Van Afrikaans se beste kunstenaars is onlangs Londen toe vir die SA goes London-toer wat in samewerking met kykNET aangebied is. Dit word beskryf as ’n groot hoogtepunt vir Suid-Afrikaners wat in Londen bly.

Lees meer HIER oor dié toer.

Nóg oor Juanita du Plessis op SARIE.com