Het jy gehoor?

FOTO’S: Juanita, Theuns in Londen

Van Afrikaans se grootste stemme is tans in Londen vir 2 eksklusiewe konserte. Juanita du Plessis, Theuns Jordaan, Bok van Blerk, Riana Nel en Claire Johnston (van Mango Groove) gaan op 1 en 2 Augustus by die Hammersmith Apollo-teater in Londen optree.

Die SA goes London-toer word in samewerking met kykNET aangebied en word beskryf as ‘n groot hoogtepunt vir Suid-Afrikaners wat in Londen bly.

Die Jacaranda FM-span is ook daar en sanger Peter Mitchell gaan die seremoniemeester wees.

Bly jy in London?

Vanaand (31 Julie) gaan daar ‘n SA goes London-partytjie by The Orange Bull gehou word en jy kan jou gunsteling-kunstenaar daar ontmoet.

Foto’s van die groep in Londen het reeds op Twitter verskyn