FOTO: Instagram kimkardashian

Het jy gehoor?

FOTO’S: Jy kan nou ’n selfie saam met Kim Kardashian neem

Wou jy al ooit ’n selfie saam met die gewilde realiteitster Kim Kardashian neem? By die Madame Tussaudwasmuseum in Londen kan jy dit nou doen, berig Just Jared.

Die museum het onlangs nog ’n wasfiguur van Kim onthul. Dit beeld haar uit waar sy besig is om ’n selfie te neem. Dit is geskoei op ’n foto van haar Paryse hennepartytjie in 2014 voor haar troue met die kletsrymer Kanye West.

Kim het op Instagram gesê die wasbeeld se rok is een van haar gunstelinge. “Hoe fantasties is my Madame Tussaudwasbeeld? Ek kan nie wag om in dieselfde rok te pas en ’n selfie saam met haar te neem nie,” het sy gesê.

madametussaudslondon

FOTO: Instagram madametussaudslondon

 madametussaudslondon

FOTO: Instagram madametussaudslondon

Lees nou: