Flieks

FOTO’S: Karlien, Hanna en Juanita se dogter in nuwe fliek

Die film speel af by Kamp Kanniedood, ‘n sangkamp vir leerders. Maar hier is báie intriges – nie net tussen die leerders nie, ook tussen die volwassenes wat toesig hou en hulle moet afrig.

Leah en Franja

FOTO: Die sport-onderwyseres, Juffrou de Bruin (Leani Ekermans), by Kamp Kanniedood saam met lede van die musiekgroep die Bekfluitjies. Links is Skaai (San-Marié Nel), in die middel agter is Liesel-lee (Chanell van den Berg) en regs is Marna (Franja du Plessis).

Hier is die vroulike hoofkarakters van dié opwindende nuwe Afrikaanse rolprent:

Karlien van Jaarsveld

Karlien speel die kok, Juliette, by dié sangkamp. Haar hele lewe het verander die dag toe haar broer, die laaste van haar familile wat nog geleef het, verdrink het. Boonop het die man met wie sy sou trou en vir wie sy op Kamp Kanniedood bly, Emile Fourie, oornag in ʼn vreemdeling verander.

Juliette droom van kleintyd af om ʼn beroemde sjef te wees, maar haar drome en entoesiasme het saam met haar broer gesterf. Nou staan sy voor ‘n kruispad: Loop sy weg van Emile, die enigste man wat sy liefhet, of bly sy by Kamp Kanniedood, wat besig is om haar stadig te vernietig?

Bok van Blerk en Karlien

Juliette is ʼn pragtige vrou, maar sy bestee nie ʼn sekonde aan haar voorkoms nie en lyk die meeste van die tyd vaal – iets waaraan dié blondine nie gewoond is nie. “Ek sal nooit daardie klere dra nie. Maar dit is lekker, want dit sit jou dadelik in karakter. Ek stap nooit uit die huis sonder om grimering aan te sit nie,” het Karlien oor haar rol gesê. “Ek het nuwe respek vir akteurs, want dit was flippen harde werk, lang ure.”

* Lees die onderhoud met Karlien in die September-uitgawe van SARIE. Hierin praat sy oor dié fliek, die tweeling en Derick.

Hanna Grobler

Hanna speel die skoolhoof, mnr. Bredenkamp, se vrou, Cecilia. Sy is die perfekte huisvrou en jy kan haar altyd deur ʼn ring trek – altyd in haar hoëhakskoene en bypassende klere, nie ʼn haar uit plek nie. Alles  moet perfek wees of haar obsessief-kompulsiewe steuring skop in. Sy weier om medikasie te neem vir dié probleem. Gevolglik val die onus op die res van die Bredenkamps, haar man en dogter, Liesel-lee, om seker te maak niks ontstel haar nie – ʼn proses wat baie uitmergelend kan wees.

Wanneer haar man, onder die skyn van ‘n tweede wittebrood, hulle Kamp Kanniedood toe neem om eintlik op die sanggroep te spioeneer, plaas dit haar heeltemal buite haar gemaksone. Gelukkig het sy onthou om die Hoover, handskoene en ‘n boks Doom in te pak…

Hanna Grobler

Pragfoto’s van Hanna op Mauritius

Franja du Plessis

Marna, die ster van die sanggroep, die Bekfluitjies, word gespeel deur Juanita du Plessis se dogter, Franja. Franja deel ook deesdae die verhoog met haar ma – lees meer hier.

Franja du plessies

Die pragtige Marna het nog nooit in haarself geglo nie. Sy is baie skaam en onseker van haarself. Die enigste tyd wat sy wel uit haar dop kruip, is wanneer sy sing. Sy is smoorverlief op Morné. Hy is die populêre ou, sy is die muurblommetjie.

Vinnig verander haar wêreld wanneer Morné dit duidelik maak dat hy van haar hou, maar sy is net nog een van die vele meisies wie se hart gebreek gaan word…

Franja du plessies

Leani Ekermans

Dié blondekop speel Juffrou De Bruin, die sport-onderwyseres en die fisioterapeut van die skool se rugbyspan. Sy is soms ‘n bietjie hard op die kinders, veral dié wat nie in sport belangstel nie, want sy glo ʼn gesonde liggaam huisves ʼn gesonde gees.

Leani Ekermans

Sy is erg kompeterend en die woord ‘verloor’ bestaan nie in haar woordeskat nie. Sy het ʼn natuurlike, entoesiastiese persoonlikheid wat veroorsaak dat baie skoolseuns al ʼn crush op haar gehad het, iets wat sy nog nooit opgelet het nie aangesien sy effens naïef is oor die liefde.

Leani Ekermans

En die nuwe talent …

Chanell van den Berg

Dié voormalige Potch-student speel Liesel-lee, die dogter van skoolhoof mnr. Bredenkamp en sy vrou, Cecilia (Hanna). Sy is ‘n bedorwe brokkie wat haar pa om haar pinkie kan draai en is baie populêr. Sy sluit aan by die nerdy Bekfluitjies om vir haar pa op hulle te spioeneer in ruil vir ‘n vakansie in New York.

Chanell van den Berg

San-Marié Nel

Dié brunet speel die kwaai Skaai. Skaai kom uit ʼn enkelouerhuis en is ʼn regte emo child. Sy praat bitter min en het nog nooit uitgestaan in die musiekgroep nie. Sy komponeer wel ongelooflike musiek en is baie kunstig. Haar vreemde naam (en ma) het nog altyd veroorsaak dat sy gespot word, daarom kruip sy weg agter haar donker kleredrag en onttrek haar van groot groepe.

San Mari Nel

[box:full:red:both]

EERSTE FOTO’S: Só lyk Bobby Van Jaarsveld en Karlien van Jaarsveld in nuwe fliek, As jy sing

[/box]