FOTO: Instagram  karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram karlienvanjaarsveld

Het jy gehoor?

FOTO’S: Karlien van Jaarsveld in sexy Strictly Come Dancing-kostuum

Ons sal maar moet wag en kyk of Karlien van Jaarsveld die passies sal kan baasraak, maar dié sangeres lyk beslis soos ’n danser op dié foto.

Karlien en haar dansmaat, Devon Leigh Snell, wys vanaand die eerste keer hul slag op die Strictly Come Dancing-dansvloer. 

#SABC3Strictly,Friday @ 7:30pm! Couple = @karlienvanjaarsveld with Devon Leigh Snell

A photo posted by SABC3 (@sabc3) on

Dis duidelik harde werk. “Ek is moeg en my voete seer! Dankie vir al jul bemoediging en mooi boodskappe,” het Karlien op haar Facebook-blad geskryf.

FOTO: Facebook   Karlien van Jaarsveld

FOTO: Facebook
Karlien van Jaarsveld

Gelukkig sorg iemand in haar familie dat haar energievlakke hoog bly. Karlien het dié bedanking met haar duisende Twitter-volgelinge gedeel: “My suster Cara Brink het vir my ’n kosblikkie gepak … Hoe spesiaal? Ek is baie lief vir jou, my sus!”

FOTO: Instagram karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram karlienvanjaarsveld

Karlien en nege ander plaaslike bekendes neem deel aan die agtste seisoen van SA se Strictly Come Dancing. Dié werklikheidsreeks begin vanaand om 19:30 op SABC3.

Lees nou