karlien van jaarsveld
Het jy gehoor?

FOTO’S: Karlien van Jaarsveld se maand van baldans en beserings

Die Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld was die afgelope maand selfs besiger as gewoonlik, met dié dat sy weekliks teen ander plaaslike bekendes meeding op die Strictly Come Dancing-dansvloer. 

As jy so na dié foto’s kyk, is dit duidelik ’n uitmergelende ervaring wat baie meer as net grimering en glinsterende rokkies behels.

karlien van jaarsveld

Strictly Come Dancing is nie vir sissies nie! Elke sport het maar sy beserings,” het Karlien op haar Facebook-blad geskryf.

FOTO: Instagram  karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram karlienvanjaarsveld

Die blondine het vroeër dié week oor ’n ribbekaspyn gekla: “Die fisioterapeut is nog nie seker of dit gebreek is nie. Al wat ek weet, is dat dit baie seer is,” het sy geskryf. Karlien het ook haar voet beseer.

FOTO: Instagram  karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram karlienvanjaarsveld

Karlien en haar dansmaat, Devon Leigh Snell, is vir hul harde werk beloon. Dié paartjie het twee weke gelede die hoogste punte gekry.

Tussendeur is daar ook darem tyd vir ’n bietjie lawwigheid.

Oud en jonk hou duim vas vir Karlien.

FOTO: Instagram  karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram karlienvanjaarsveld

Karlien en nege ander glanspersoonlikhede neem deel aan die agtste seisoen van SA se Strictly Come Dancing. Moenie dié werklikheidsreeks Vrydae om 19:30 op SABC3 misloop nie.

Lees ook