Het jy gehoor?

FOTO’S: Karlien van Jaarsveld verras ‘My hartjie’-rokwenner

In SARIE se Junie-uitgawe met Karlien van Jaarsveld op die voorblad het ons met Karlien en Anél Botha Couture saamgewerk om ’n matrikulant se droom waar te maak. 

Een gelukkige leerder kon ’n soortgelyke rok as dié van Karlien in haar musiekvideo ‘My hartjie’ wen – spesiaal vir haar gemaak deur Anél Botha Couture, wat die oorspronklike rok ontwerp het. Die wenner uit die duisende inskrywings was Marike Weber van Hoërskool Bastion in Krugersdorp.

FOTO: Afrikaans is Groot

FOTO: Afrikaans is Groot

Karlien het Marike die afgelope naweek by Anél Botha se ateljee verras toe sy haar wenrok gaan oplaai het.

“Ek was baie geskok toe SARIE my kontak en sê ek het Karlien se rok gewen! Ek kon dit nie glo nie. Dit is pers, my gunsteling-kleur,” vertel Marike. Haar kamer is ook in dié kleur versier.

Anél Botha en Karlien het saam die oorspronklike rok ontwerp en Anél het probeer om vir Marike ‘n soortgelyke een te maak.

Die gr.12-leerder was oorstelp van vreugde toe Karlien haar kom verras het.

“Ek het gehoop jy gaan hier wees, ek is jou grootse fan

- Marike aan Karlien

“Ek het talle lojale aanhangers, dit maak dié tipe projek vir my baie spesiaal. Dit is lekker om met my aanhangers te connect,” het Karlien opgewonde gesê. “Ek onthou my eie matriekafskeidrok en hou steeds daarvan. Dit was soortgelyk aan die Versace-rok wat Jennifer Lopez in 2000 na die Grammy’s gedra het,” vertel Karlien.

Marike se kêrel is reeds uit die skool en kan haar nie na die matriekafskeid vergesel nie, maar dit pla haar glad nie. Sy sien daarna uit om die aand saam met haar vriendinne te vier.

Marike Weber by die finale passing van haar matriekafskeidrok
FOTO: Phyllis Green

Marike Weber is die wenner van die 'My hartjie'-rok
FOTO: Phyllis Green

Marike Weber en die modeontwerper Anél Botha
FOTO: Phyllis Green

Karlien van Jaarsveld verras Marike Weber by die finale passing van haar matriekafskeidrok
FOTO: Phyllis Green

Karlien van Jaarsveld en Marike Weber
FOTO: Phyllis Green

Karlien van Jaarsveld en Marike Weber
FOTO: Phyllis Green

Karlien van Jaarsveld, Marike Weber en Anél Botha
FOTO: Phyllis Green

Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, Karlien van Jaarsveld, Marike Weber, Anél Botha
FOTO: Phyllis Green

Marike Weber, Anél Botha en Fanie Cronjé
FOTO: Phyllis Green