FOTO: Instagram karlienvanjaarsveld

FOTO: Instagram karlienvanjaarsveld

Het jy gehoor?

FOTO’S: Karlien van Jaarsveld vier haar 30ste

Karlien van Jaarsveld word op 21 Desember 30 jaar oud. Maar sy het gisteraand solank met die feesvieringe begin.

Karlien se partytjie het ’n strandtema gehad en is by die Kaya Beach-restaurant in Kempton Park gehou.

Baie van Karlien se vriende was daar, ook die ontwerper Anél Botha van Anél Botha Couture, wat talle van haar rooitapyt-rokke en ook haar trourok ontwerp het.

Hier is nóg foto’s wat die gaste op sosiale media gedeel het

Karlien se tweeling, Eliah en Daniël verjaar op 19 Desember, maar hul tweede verjaardag is ook bietjie vroeër gevier.

Karlien se ma, Ronel, het dié foto’s getwiet