Het jy gehoor?

FOTO’S: Kate Hudson in smeulende kalender vir Campari

Die aktrise Kate Hudson is die gesig van die gewilde drankie Campari se 2016-kalender. Sy smeul in rooi uitrustings op elkeen van die 12 foto’s waarin ’n luukse leefstyl uitgebeeld word, berig Daily Mail.

Die kalender is Woensdag bekend gestel en Kate het op die rooi tapyt geskitter in ’n bloedrooi broekpak.

Die tema van vanjaar se kalender is Bitter/Soet. Dit loop hand aan hand met Campari se sosialemedia-veldtog waarin mense kan stem of hulle dié drankie in soet of bitter skemerkelkies geniet.

 

In die verlede is bekende sterre soos Uma Thurman, Penélope Cruz en Jessica Alba gebruik vir dié eksklusiewe kalender, berig Popsugar.

Hier is sommige van die foto’s wat in die kalender verskyn

Klik HIER vir al 12 foto’s.

Lees ook