FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO’S: Kate Middleton laat die koppe draai by eerste staatsbanket

Gisteraand het die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, haar eerste staatsbanket bygewoon toe koningin Elizabeth die Chinese president, Xi Jinping, en sy vrou, Peng Liyuan, op ’n staatsbesoek in Engeland verwelkom het, berig Hello!.

Kate het beeldskoon gelyk in ’n bloedrooi Jenny Packham-skepping met blinker-detail en ’n koninklike tiara. Die rooi is simbolies van die eregaste se tuisland wat in hul kultuur goeie geluk en vreugde simboliseer.

Die tiara, uit die koningin se persoonlike versameling, wat bekend staan as die Asiatiese waterlelie-tiara, is dieselfde een wat Kate in 2013 na ’n diplomatiese gala gedra het.

Hier is foto’s van die geleentheid:

 

Lees ook