Het jy gehoor?

FOTO’S: Katie Holmes deel haar SA oomblikke

Die Hollywood-aktrise Katie Holmes het onlangs die besige strate van Manhattan vir die natuurskoon van Suid-Afrika verruil. En sy het so baie daarvan gehou, sy het sommer by Twitter aangesluit om haar gunsteling oomblikke op dié sosiale netwerk te deel.   

Katie was in Suid-Afrika vir die verfilming van The Giver, ’n fliek wat op Lois Lowry se wetenskap-fiksie roman gebaseer is. Nadat van die ander akteurs reeds terug is Hollywood toe, het dié 34-jarige Dawson’s Creek-aktrise besluit om ná die verfilming vir nóg ’n paar dae hier te kuier – sy wou haar dogter, Suri, met ’n Suid-Afrikaanse vakansie bederf.

Screen Shot 2013-11-06 at 1.16.43 PM

Katie op die stel van ‘The Giver’ FOTO: Twitter

FOTO: Katie Holmes, Taylor Swift en kie kuier in SA

Screen Shot 2013-11-06 at 1.16.31 PMKatie kan nie uitgepraat raak oor die natuurskoon nie. Sy het dié foto (bo) op haar Twitter-blad gedeel en gesê: “Ek kan steeds nie glo hoe mooi dit hier in Suid-Afrika is nie!”

Sy en Suri was ook op safari en het dit omtrént geniet om die wild te sien.

Screen-Shot-2013-10-28-at-8.23.50-AM-1Kyk hiér vir nog ’n foto van Katie en Suri op hul safari-uitstappie

Dit lyk nie of Katie die enigste een is wat dit geniet het om in ons land te kuier nie. In die foto hieronder staan Katie vir ’n foto saam met (van links) Cameron Monaghan (Shameless), Taylor Swift, Odeya Rush (The Odd Life of Timothy Green). Jeff Bridges staan tweede van regs, en heel regs is een van die vervaardigers Nikki Silver.

Screen Shot 2013-11-06 at 1.15.35 PMKatie Holmes se nuwe liefde?

Bron: Hello Magazine