FOTO: Instagram (@kimkardashian)

FOTO: Instagram (@kimkardashian)

Het jy gehoor?

FOTO’S: Kim Kardashian deel ná twee jaar foto’s van hul verlowing

Die bekende realiteitster Kim Kardashian het foto’s van haar en haar man, Kanye West, se verlowing op Instagram gedeel, berig People.

Die verlowing was baie romanties. Kanye het die AT&T-stadion in San Francisco vir die aand gehuur en die groot vraag “Sal jy met my trou?” het op die groot skerm gewys. Hy het ook haar bekende 15 karaat Lorraine Schwartz-verloofring aan haar vinger gesteek.

Dié verlowing is reeds op hul werklikheidsprogram Keeping Up with the Kardashians uitgesaai, maar sy het besluit om dit eers ná 2 jaar met haar aanhangers te deel.

#TBT to 2 years ago when I got engaged! All of the pics are up on my app!

A photo posted by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

Kim het Maandag haar 35ste verjaardag gevier en Kanye het vir haar ’n verrassingspartytjie in ’n fliekteater gereël waar hulle saam met familie en vriende die nuwe fliek oor Steve Jobs, Jobs, gekyk het.

Kim en Kanye het in 2014 in die geheim getrou. Hul dogter, North, is 2 en sy verwag hul tweede baba.

Lees ook