kim kardashian
Het jy gehoor?

FOTO’S: Kim Kardashian én ander bekendes speel Marilyn Monroe

Verruklike, platinumblonde krulle. Smeulende, rokerige oë. Noupassende klere. Ja, ja én ja! Kim Kardashian hou haar lyf Marilyn Monroe in die nuutste uitgawe van die Brasiliaanse Vogue, berig E! News. 

Dit is die derde keer dat dié 34-jarige realiteitster op die voorblad van Vogue verskyn. In 2014 het die Givenchy-ontwerper Riccardo Tisci (wat ook haar trourok ontwerp het) net mooi dinge oor Kim te sê gehad: “Sy is die Monroe van ons era. Mense dink sy is ’n poppie, maar eintlik is sy sterk en slim.”

kim kardashian

Ander bekendes wat al die ikoniese Marilyn Monroe gespeel het 

Die plaaslike model Candice Swanepoel vir Max Factor vroeër vanjaar

Aktrise Michelle Williams in 2011 se My Week with Marilyn.

Marilyn Monroe

Madonna op haar Celebration-CD, wat in 2009 bekend gestel is.

madonna

Bron: E! News

Lees nou