FOTO: Instagram

FOTO: Instagram @jaredleto

Het jy gehoor?

FOTO’S: Kim Kardashian én Jared Leto nou platinum-blondines

Ons het nooit gedink die realiteitster Kim Kardashian en die Oscar-bekroonde akteur en sanger Jared Leto sal iets gemeen hê nie … maar albei die sterre het dié  week besluit om hul donker hare platinumblond te kleur.

Die realiteitster het ’n foto van haar nuwe kapsel met haar meer as 27 miljoen Instagram-volgers gedeel.

Kim het via dié sosiale platform die “beste span” vir haar drastiese transformasie bedank: “Dankie @joycebonelli dat jy my inspirasie is en dat jy my aan @GregoryRussellHair voorgestel het. Gregory het my hare gekleur, gesny en die span saamgestel. Baie dankie @LorriGoddard_ dat jy my hare se kleur in een probeerslag reggekry het. Dit is nie maklik nie!”

Die 34-jarige is later by die Balmain-modeskou in Parys gekiek, wat sy met haar man, Kanye West, en ma, Chris Jenner, bygewoon het.

A photo posted by @krisjenner on

Maar die reaksie op Kim se haarkleur is nie geweldig positief nie. Wat dink jy van haar nuwe styl?

Hou jy van Kim Kardashian se blonde haarkleur?

  • JA
  • NEE

Jared Leto het ons eers verras toe hy sy lang hare afgesny het, en toe verder verras met die platinumblonde kleur! Hy het by een van sy foto’s wat hy op Instagram van sy nuwe haarkleur gedeel het, geskryf: “Be brave. Risk it all. Without failure there is nothing. #WhistleWhileYouWork”

Chris Jenner het hom tydens die Paryse Modeweek afgeneem.

Lees ook