FOTO:  kimkardashian

FOTO: kimkardashian

Het jy gehoor?

FOTO’S: Kim Kardashian se ooievaarsparty

Die realiteitster Kim Kardashian se familie en vriende het oor die naweek vir haar ’n ooievaarsparty gehou, berig Huffington Post

Die 35-jarige se susters het foto’s van die spesiale geleentheid met hul miljoene Instagram-aanhangers gedeel.

Een van die flieks wat hulle as kinders gekyk het, die 1989-komedie Troop Beverly Hills, was die inspirasie agter die partytjie se kampeer-tema.

Sister Sunday

A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

 

just our usual morning routine #troopbeverlyhills #sipstea

 

A photo posted by King Kylie (@kyliejenner) on

Kim het verlede week op haar webtuiste vertel dat sy en haar man, die musikant Kanye West, hul eersteling, North, reeds voorberei op die koms van haar broer. Hulle lees vir haar boeke en praat met Kim se bababoep.

Tog voeg Kim by: “Dit maak my senuweeagtig as ek dink hoe North gaan reageer op nog ’n baba in die huis. Ek weet dit gaan nie maklik wees nie – North raak ongemaklik as ek selfs net ’n ander baba vashou. Maar ek weet sy gaan ’n goeie ouer suster wees …”

Daar word verwag dat Kim en Kanye se tweede kind sy opwagting in Desember sal maak.

Bronne: Huffington Post en kimkardashianwest.com

Lees ook 

ZZZ

Lees HIER vir meer inligting