Het jy gehoor?

FOTO’S: Kinderster word mooi groot

Ons onthou haar as die pragtige haasbek-dogtertjie op die silwerdoek, maar Dakota Fanning het groot geword. Sy vertel hoe sy voel oor bekend wees en hoekom sy van sosiale media af wegbly:

Oor haar rol in I am Sam
“Dat ek as ‘n 7-jarige gemaklik gevoel het om iemand anders se lewe te vertolk, was ‘n aanduiding dat ek op die regte plek is. Dis tóé dat ek besef het ek wil vir die res van my lewe ‘n aktrise wees.”

Dakota Fanning as 7-jarige in die fliek, I am Sam

Oor bekend wees
“Ek het nooit regtig soos ‘n kinderster gevoel nie. Dis ‘n vreemde konsep. Ek was ‘n aktrise op 7, ‘n kind wat toevallig ‘n rol kon speel. Maar as 18-jarige word daar van jou verwag om meer rolle te speel.”

Oor hoekom sy nie op Facebook en Twitter is nie
“Dis regtig nie nodig dat mense weet waar ek is en wat ek doen nie. Baie soek privaatheid, maar dan laat weet hulle almal waar hulle is. Dis net nie vir my nie. Ek gaan nooit op Facebook en Twitter wees nie. Daar’s genoeg Dakota Fannings op Twitter vir leeftyd!

Klik by Justjared.com vir nog foto’s

  • Natasha

    Baie slimme jong dame 🙂

  • Miranda Horton

    Pragtige voorblaaie en artikels…!

  • Karin

    Sy is baie oulik!