Tim en Juanli, die eerste aand in Time Square

Het jy gehoor?

FOTO’S: Klein Karoo se Tim Theron besoek New York

Van ons gunsteling-bekendes het dié feestyd oor die waters gegaan om hul vakansie in die koue Noordelike Halfrond te vier. Onder hulle was Tim Theron en sy vrou, Juanli. Hulle deel  hul vakansiefoto’s met SARIE.com.

Dit was baie koud in NY (nog nie so koud soos dit nou daar is nie), en niks help beter vir die koue as 'n lekker koppie sop van "Hale and Hearty" nie.

Dit was baie koud in NY (nog nie so koud soos dit nou daar is nie), en niks help beter vir die koue as ‘n lekker koppie sop van “Hale and Hearty” nie.

Dit was nog altyd die droom van Tim en Juanli, ’n projekbestuurder en koördineerder van die opvoedkundige tolkprojek by die Universiteit Stellenbosch, om New York te sien. Daarom is hulle na die Groot Appel toe vir nuwe inspirasie.

“Dit was alles wat ons gehoop het én meer,” sê hy. Tim reken al is New York nie dieselfde as Suid-Afrika nie, het die stad beslis ’n stukkie van hul albei se harte gesteel.

FOTO’S: SA bekendes se oorsese vakansies

En New York gaan slaap regtig nie. Glad nie. Ons het elke moontlike besienswaardigheid gesien wat daar is, ons voete af geloop.”

Op pad na die Statue of Liberty was dit kouer as koud op die boot!

Op pad na die Statue of Liberty was dit kouer as koud op die boot!

Maar dis nie al nie. Met dié vakansie, hul eerste besoek aan New York, het Tim en Juanli probeer wegkom van die toeriste-bestemmings sodat hulle die “regte New York” kan beleef. Hulle het tyd gemaak om na die locals se eet- en kuierplekke te gaan.

NY se "Highline" - 'n park gebou op die oorblyfsels van 'n verhewe treinspoor wat bo die strate van New York geloop het.

NY se “Highline” – ‘n park gebou op die oorblyfsels van ‘n verhewe treinspoor wat bo die strate van New York geloop het.

Vir Tim was New York ’n ware wêreldstad.

“Byna almal is van iewers anders af, so almal is welkom,” vertel Tim, wat New Yorkers ook as baie vriendelik ervaar het.

Strawberry Fields in Central Park, oorkant die gebou waar John Lennon doodgeskiet is.

Strawberry Fields in Central Park, oorkant die gebou waar John Lennon doodgeskiet is.

Hoewel die paartjie ook ’n rukkie in Washington gekuier het, sal Tim eerder eendag vir ’n paar maande in New York wil gaan bly.

“Met Broadway en al die TV-reekse wat daar geskiet word,” verduidelik hy.