FOTO: Instagram  jessicasimpson

FOTO: Instagram jessicasimpson

Het jy gehoor?

FOTO’S: Klein Maxwell na-aap haar ma, Jessica Simpson

Jessica Simpson se 3-jarige dogter, Maxwell, aard in baie opsigte na haar sangeres-ma, berig Huffington Post.

Die appel val duidelik nie ver van die boom af nie – beide ma en dogter is gemaklik voor die kamera, pronk graag in swemklere én jy kan hulle niks leer oor hoe om hul lippe te tuit nie.

Jessica het dié foto’s met haar meer as 1 miljoen Instagram-aanhangers gedeel.

Die 34-jarige blondine het ook dié foto van haar seun, Ace (1), gedeel. “Ek is so lief vir my gesin,” het die foto se onderskrif gelees.

FOTO: Instagram  jessicasimpson

FOTO: Instagram jessicasimpson

Jessica is verlede jaar met Maxwell en Ace se pa, Eric Johnson, getroud.

Bron: Huffington Post

Lees nou