FOTO Instagram/ @danielledevilliers

FOTO Instagram/ @danielledevilliers

Het jy gehoor?

Só toer krieketkaptein AB met klein AB

Om met ’n baba te toer maak net alles soveel lekkerder, hy is net só oulik, vertel Danielle de Villiers, vrou van die Protea-krieketkaptein, AB.

Die hele gesin, ook klein AB wat nou tien maande oud is, toer in Wes-Indië ná hulle agt weke lank in Indië was vir die Indiese Premierliga (IPL), vertel Danielle per WhatsApp.

Sy gee toe dit is soms moeilik om die kleintjie te stimuleer. “En ’n hotelkamer is soms maar klein. Maar ons stoot hom elke dag in sy waentjie en wys hom al die nuwe dorpies en ons swem graag met hom.’’

FOTO: Verskaf

FOTO Verskaf

Hulle bly nog daar tot die einde Julie en dan nóg ’n paar weke vir die Karibiese Premierliga tot middel Augustus.

Dit is bekend dat die De Villiers-gesin in Indië byna soos gode behandel word weens dié nasie se beheptheid met krieket. Tog sê Danielle beskeie: “Wanneer ons hier is, kom ons bloedweinig uit die hotel en wanneer ons dit wel doen, is daar iemand wat ons beskerm. Maar die mense is oneindig warm en alma wil net ‘selfies’ met AB neem. Dit is soms bietjie uitputtend.”

FOTO: Verskaf

FOTO Verskaf

Die twee sing deesdae gereeld saam. Hul gunsteling-liedjie? “Frances, Don’t Worry About Me“. 

“Die woorde is verskriklik mooi. Sang gee gehaltetyd aan ons verhouding en ons lag lekker vir mekaar as een ’n fout maak of van die noot af sing.”

Wat van die WAG-kultuur? (Vrouens of meisies van sportsterre)

“Ek is nie mal oor die etiket nie. Daar is so baie vooropgestelde idees. Ek het hope spesiale vriendinne in die krieketgemeenskap. Ons is almal maar net normale girls.”

Jy hoor soms die Proteas vlieg hul eie kos oor omdat hulle bang is al die sterk gegeurde Indiese geregte kan hul mae omkrap en dan kan hulle nie goed presteer nie.

Danielle ontken dit. “Ek en AB is lief vir die sterk kerries en ontdek graag al die nuwe geure.”

Sy hou van al die reisavonture. “Maak nie saak waarheen my man toer nie. Ons het vandat ons begin uitgaan het, besluit ons gaan orals saam. Ons seuntjie word so vinnig groot. AB wil dit nie mis nie. Die IPL duur twee maande van die jaar. Ek het dit net gemis toe ek swanger was.”

Lees nou

Adele sing Spice Girls

90’s-nostalgie: Onthou jy dié kuif?