Het jy gehoor?

FOTO’S: Kurt Darren toer in Nederland

Kurt Darren toer op die oomblik deur Nederland en het onlangs by ’n straatfees die gehoor bekoor.

Kurt is gewild onder die Nederlanders, veral omdat 6 sangers al van sy liedjies in Nederlands opgeneem het – onder andere Staan op en Meisie meisie. Hy het saam met die kunstenaars Mike & Colin en Helemaal Hollands opgetree, en ook van sy liedjies solo gesing tydens dié fees die afgelope naweek. Op Twitter noem die Nederlanders hom ’n megaster en daar was groot opgewondheid oor sy optredes.

Kurt het verlede week in Nederland aangekom vir ’n reeks optredes. Hier is van die foto’s van sy Nederlandse toer sover.

Hier is van die foto’s wat op die Nederlandse webtuiste De Sterren Parade gedeel is van die naweek se straatfees.

Tussendeur mis hy ook vir vroulief Dunay en sien uit na sy dogtertjie se koms in November. Hy het spesiaal vir hulle dié twiet gestuur.

 

Lees ook