20130312_111002
Het jy gehoor?

Foto-album: Kurt en moniQue toer in Australië

BO: Kurt en die band saam met moniQue voor die Sydney Opera-huis

Op die bekende Bondi Beach – glo is die Australianers vriendelik en ongelooflik fiks!

Def my gunsteling, dit voel asof jy van Greenside op n boot klim en dan die middestad en sy kultuur binne tree in tien minute. Die beste van twee werelde, los my speechless!

BO en ONDER: Die pragtige Brisbane

Brisbane

Wow hierdie meisie kan sing! Sy het saam met ons in Perth een Adele liedjie kom sing en op 16 ons absoluut weggeblaas. Julle gaan nog baie van haar hoor.

Die 16-jarige Suri (tweede van regs) het saam met Kurt en moniQue in Perth ‘n liedjie gesing. Sy het hulle haar met haar talente verras – kyk uit vir hierdie meisie in die toekoms!   

Dit was een aand in Perth, die mense is SO honger vir Afrikaanse musiek. Hier wys Christoff en Erik vir hulle hoe dit gedoen word.

BO en ONDER: Op die verhoog in Perth – die mense is uitgehonger vir Afrikaanse musiek!  

Perth se verhoog

Voor ons iets gaan drink by n restaurant letterlik op die water in Melbourne. Hier is net n klein ou smakie van wat ons omring.Dit is maar net een vorm van vervoer in Melbourne behalwe vir die treine, trams, busse, vespas ens.

Die pragtige Melbourne (links) met sy interessante vorm van vervoer (regs)! Hulle gebruik ook treine, trems en busse.

My laaste stop, hier ken die mense van kamp en die buite lewe. Jaloers, maar nie genoeg om ooit te trek nie.

“My laaste stop was in Adelaide. Hier ken die mense van kamp en die buite lewe. Jaloers, maar nie genoeg om ooit te trek nie!” sê moniQue.

Hierde mooi diertjies het die sagste geaardhede ooit. Kyk jou reguit in die oe en is verslaaf aan liefde en daai mint blare!Hierde mooi diertjies het die sagste geaardhede ooit. Kyk jou reguit in die oe en is verslaaf aan liefde en daai mint blare!

Die sangers kon die inheemse diere van nader leer ken. “Ek moes keer om nie een in te pak nie,” het moniQue geskerts.

KoalaKangaroo

Hierde mooi diertjies het die sagste geaardhede ooit. Kyk jou reguit in die oe en is verslaaf aan liefde en daai mint blare!

moniQue oor die kangaroes: “Hulle is so vriendelik en regte aandagvrate … laat my dink aan my hondjie by die huis!”

KangarooKangaroo

Wou nog altyd weet "what the fuss was about" en nou weet ek. SO vriendelik en regte aandag vrate, laat my dink aan my hondjie by die huis...

Erik en die kangaroe word gemaklik met mekaar …

Die mense wat onder andere so mooi na ons gekyk het. Hulle het van SA af verhuis en mis ons land nog steeds, moet se dit was n algemene gevoel onder ons verlore vriende. Dankie vir die leerskool!

Van die Australiaanse gashere. Dié Suid-Afrikaners mis die land steeds – ‘n algemene gevoel wat Kurt en moniQue onder hulle “verlore vriende” opgetel het.

FOTO’S: Verskaf en Twitter

Die toer is gereël deur die Afrikaanse Klub in Australië. Besoek hul facebook-blad.