FOTO: Instagram  ladygaga

FOTO: Instagram ladygaga

Het jy gehoor?

FOTO’S: Lady Gaga bie meer as R3 miljoen vir dié skoene

Die sangeres Lady Gaga is dalk meer as R3.5 miljoen armer, maar ook 3 pare gesogte Alexander McQueen-skoene ryker, berig MTV News. Slegs 21 pare van dié armadil-skoene is vir die ontslape ontwerper se Lente 2010-modeskou gemaak.

Die 29-jarige blondine het Instagram gebruik om met die nuwe toevoegings tot haar skoenkas te spog. “Wanneer ’n geskenk na jou toe kom uit die hemel,” het sy onderaan dié foto geskryf.

FOTO: Instagram ladygaga

FOTO: Instagram ladygaga

Lady Gaga maak geen geheim daarvan dat sy ’n groot Alexander McQueen-aanhanger is nie. Daarom het sy nie twee keer gedink om vir dié duur skoene te bie nie.

Alle fondse is ten bate van die nie-winsgewende organisasie UNICEF ingesamel.

FOTO: Instagram ladygaga

FOTO: Instagram ladygaga

Die Born This Way-sangeres het in ’n hartroerende huldeblyk geskryf: “Die skoene is die enigste tasbare stukke wat ek van my en Alexander McQueen se werk het.”

Alexander McQueen is in 2010 oorlede.

Bronne: Hello! en MTV News 

Lees nou