FOTO: Instagram 
leandiedurandt

FOTO: Instagram leandiedurandt

Het jy gehoor?

FOTO’S: Leandie du Randt se prettige henneparty

Die plaaslike akteurspaar Leandie du Randt en Bouwer Bosch trou aan die einde van die maand. Die 27-jarige blondine en haar vriendinne het die naweek haar henneparty gevier. 

Leandie het foto’s van die partytjie met haar meer as 50 000 Instagram-aanhangers gedeel. Almal teenwoordig het wit gedra met blommekranse op hul koppe, wat bygedra het tot die speelse atmosfeer.

“Ek dra liewer blomme in my hare as diamante om my nek,” het sy by een van die foto’s geskryf.

“Ek koester dié oomblikke,” het Leandie bygevoeg en haar vriendinne vir hul moeite en ’n onvergeetlike henneparty bedank.

Hier is Leandie saam met haar strooimeisies afgeneem.

Leandie en Bouwer het aan die einde van verlede jaar verloof geraak.

Lees ook

ZZZ

Lees meer hier!