Het jy gehoor?

FOTO’S: Só lyk Elvis se kleindogter nou

Danielle Riley Keough, kleindogter van die koning van Rock, is besig om haar eie pad oop te krap …

may_29_1989_danielle_riley_keough_is_born_to_lisa_marie_presley_and_danny_keough_riley_as_she_is_called_is_the_eldest_grandchild_of_elvis_and_priscilla_presley.jpg_300wDie 24-jarige Riley is ‘n model en aktrise (sy speel saam met Charlize Thron in Mad Max: Fury Road wat later vanjaar uitgereik word) en sy is nou besig om uit haar bekende oupa en ma se skadu te beweeg. Sy is die oudste kleinkind van Elvis en Priscilla Presley en die dogter van Lisa Marie Presley en die musikant Danny Keough.

 

Riley se agent het die gerugte verlede maand ontken dat sy en Kristen Stewart se eks die Twilight-ster Robert Pattinson ‘n paartjie is, maar hulle is onlangs weer saam gesien en die gerugte wil nie end-kry nie.

rileyElvis se pragtige kleindogter is die nuwe gesig van die Australiese onderklere-reeks Bond. Hierdie is die foto’s van dié veldtog.

Rock-ster kinders

Zoë Kravitz


Die 24-jarige aktrise, sangeres en model is die dogter van Lenny Kravitz en die aktrise Lisa Bonet.

Georgia Jagger

JaggerDie dogter van Mick Jagger en Jerry Hall hou haar lyf model en bereik groot sukses met haar unieke voorkoms.

Nicole Richie

Nicole het naam gemaak toe sy saam met Paris Hilton in die werklikheidsreeks The Simple Life gespeel het. Deesdae is die aangenome dogter van Lionel Richie en Brenda Harvey ‘n ontwerper, outeur, aktrise, sanger en televisiepersoonlikheid.

Stella McCartney

Stella McCartneyDie dogter van Paul en Linda McCartney is ‘n bekende en gesogte klereontwerper.

Rashida Jones

Die aktrise (Parks and Recreation, Friends with Benefits, I Love You Man) is die dogter van Quincy Jones en Peggy Lipton.

Lourdes Leon

madonna lourdesLourdes ontwerp ‘n klerereeks saam met haar ma, Madonna. Haar pa is die akteur en persoonlike afrigter van Kuba, Carlos Leon.

Kelly Osbourne

kelly osbourneDie dogter van Ozzy en Sharon Osbourne is ‘n ster in haar eie reg. Sy is ‘n aanbieder, ontwerper, sangeres en aktrise.

Liv Tyler

Liv TaylorDie aktrise en model is die dogter van Steven Tyler en Bebe Buell.

Peaches Geldof

GeldoffDie Britse joernalis en televisie-aanbieder is die dogter van Bob Geldof en Paula Yates.

Bronne: Bonds, E Onlilne!