madibaliggaam
Het jy gehoor?

FOTO’S: Madiba se oorskot na Uniegebou geneem

Die oorskot van Nelson Mandela sal vanaf vandag vir 3 dae in staatsie by die Uniegebou in Pretoria lê. Sy liggaam sal in ‘n kis met ‘n deursigtige deksel lê. Dit gaan gepaard met die kavalkade deur die strate van Pretoria - sien die roete hier.

Sy liggaam word vanaf 1 Militêre Hospitaal tot by die Uniegebou in Pretoria vervoer waar dit elke dag van 8:00 tot 17:30 deur die publiek besigtig kan word. Vandag is dit egter eers vanaf 13:00 oop vir die publiek, ná talle BBP’s vanoggend sal aandoen.

Lees ook:

Obama se huldeblyk – hoogtepunte

Tot siens, Madiba – FOTO’S van gedenkdiens by ENB-stadion

Hier’s foto’s van vanoggend se kavalkade: