Madonna en Rocco in Haïti FOTO: Instagram

Madonna en Rocco in Haïti FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

FOTO’S: Madonna, eksman en seun in Haïti

Madonna is die week in Haïti vir liefdadigheidswerk saam met haar eksman Sean Penn en seun Rocco uit haar huwelik met Guy Ritchie.

Sean Penn werk saam met die J/P Haitian-organisasie om hulp aan Haïti te verleen wat  in 2010 deur ’n aardbewing geruk is wat 7.0 op die Richter-skaal gemeet het. Dié eiland het nog nie ten volle hiervan herstel nie.

Sean het vir sy eksvrou Madonna genooi om ook Haïti te besoek. Sy het haar reis op haar Instagram-blad gedeel.

Rocco Ritchie saam met die kinders van Haïti FOTO: Instagram

Rocco Ritchie saam met die kinders van Haïti FOTO: Instagram

Madonna se hoed het 'n nuwe eienaar gekry FOTO: Instagram

Madonna se hoed het ‘n nuwe eienaar gekry FOTO: Instagram

Sean het in ’n onderhoud met The Associated Press gesê dat hy en Madonna nog na al die jare ’n goeie verhouding het. Die paartjie is in 1985 getroud en in 1989 geskei. “Sy het ’n unieke platform om kwessies te bevorder en dit is goed dat sy dit doen,” het hy oor sy bekende eksvrou gesê.

Nóg foto’s van Madonna in Haïti

Haïti uit die lug FOTO: Instagram

Haïti uit die lug FOTO: Instagram

Bron: Jakarta Post