Mandi, Schalk en Jeandré
FOTO: Cilla Bloom Photography

Mandi, Schalk en Jeandré FOTO: Cilla Bloom Photography

Het jy gehoor?

FOTO’S: Mandi Baard se Jeandré word mooi groot

Aktrise en TV-aanbieder Mandi Baard (née du Plooy) se eersteling, Jeandré, het vinniger as beplan die wêreld binnegekom, en in sy 11 maande op aarde het hy nog net vreugde gebring.

Mandi het met haar eersteling se geboorte aan SARIE.com gesê dit voel asof Jeandré se ogies ’n diep persoonlike staar net vir haar het. “Met daardie kyk sal elke oorlog kan bedaar en mense sal God se skoonheid en liefde dadelik kan sien.”

Jeandré het Mandi en sy pa, Schalk, ’n week vroeër as beplan verras – sommer op Pappa se verjaarsdag. En só lyk dié bulletjie 11 maande later.

Hoe het julle sy naam gekies?

“Om die naam te kies was ’n baie lang proses. Dit was vir ons belangrik dat sy naam ’n besonderse betekenis het. Schalk was nooit 100% oortuig van my keuses nie en ek ook nie oor syne nie! Tot die dag toe ons ‘Jeandré’ hoor. Dit was die eerste naam waarvan ons albei gehou het. Ek het die naamsoek-proses dadelik gestop en eers opgesoek wat die naam beteken. Ek het toe gesien Jeandré beteken God is gracious. Ons het dadelik geweet dit is die naam wat God vir hierdie wonderwerk-babatjie uitgekies het!

“Hoewel ons nie tradisioneel is as dit by familie-name kom nie, het ons my ma se nooiensvan, Laubscher, as Jeandré se tweede naam gekies. Dit is ook die tweede naam van my oudste broer, Johann, wat ook Jeandré se peetpa is. Dit is daarom ekstra spesiaal dat dié twee dieselfde voorletters het.”

Só het Jeandré net ná sy geboorte gelyk:

FOTO: Cilla Bloom Photography

FOTO: Cilla Bloom Photography

Lees ook