Het jy gehoor?

FOTO’S: Matriekafskeidrokke vir 2014 + koop dit híér

Die tieners hou matriekafskeid en dikwels moet ma help met die beplanning van die rok. Die SARIE-winkel binne spree het spesiaal het ’n paar rokke vir dié glansgeleentheid uitgepak, en jou matrikulant kan na hartelus koop

Dans die nag om

Dis jóú aand, so maak seker jy dra ’n rok wat die koppe sal laat draai. Kies ’n kleur met impak of ’n rok met asemrowende snit. Fokus ook op die detail – van jou juweliersware tot jou palmtas en skoene.

Untitled3

 

Dra ’n kort toppie by ’n tulle-romp met hope volume vir ’n styl wat eie is aan ’n punk-prinses! Dis deesdae hoogmode om die romp so hoog moontlik te dra sodat net ’n dun strokie van jou vel te sien is. Dra ’n donker lipstiffie daarby.

Klik hier om dié rok in die SARIE-winkel te koop

Uitklop-mode

Laat die kleur die praatwerk doen met ’n rok in ’n eenvoudige snit. Dra dit met plat skoene vir somertroues en ander groot geleenthede in die son.

Untitled2KLIK hier om dié rok in die SARIE-winkel te koop 

Sterstyl

Dié rok het oorgenoeg trefkrag. Die deursigtige insetsel verleen ’n tikkie drama aan ’n elegante halslyn, terwyl die vol romp die prentjie afrond.

Untitled

KLIK HIER om dié rok in die SARIE-winkel te koop

Prinses van die dansvloer

Dis jóú aand, en jy kan nie ’n voetjie verkeerd sit in ’n pastelkleurige rok wat vir ‘n prinses gemaak is nie. Voeg bykomstighede wat glinster en silwer hakke by vir ’n voorkoms gepas vir ‘n rooi tapyt. Jou foto’s sal ook nie hul sterstatus verloor nie.

Untitled4

Pragtig in pienk
Sagte pienk is ’n betowerende keuse vir aanddrag, maar dis die romantiese eenskouer-detail en elegante drapering van dié rok wat die aandag steel.  Rond die voorkoms af met rooi lippe.

Immergroen elegansie

Pastelkleure vir aanddrag gaan oor meer as net pers en pienk. Dié aandrok wat op die vloer swiep, val pragtig en skep ’n silhoeët wat tydloos én elegant is. Voltooi jou voorkom met een van hierdie tydlose grimeertegnieke.

Untitled5

Metaal-muse

Dié skouerlose rok met blink-afwerking sal die kollig steel terwyl jy die aand omdans. Kies ook blink bykomstighede hierby.

Untitled6

Koop ook jou bykomstighede binne die SARIE-winkel