FOTO: Kikitography

Het jy gehoor?

FOTO’S: Melinda Bam en Adriaan Bergh se verlowingsfoto’s

Melinda Bam en haar verloofde, die voormalige Mnr. SA Adriaan Bergh, het hul verlowing met ’n pragtige fotosessie van Kikitography gevier.

Melinda, wat deesdae ook ’n aanbieder by die TV-program Pasella is, het vroeër vanjaar vir SARIE.com gesê hulle beplan om vanjaar op 8 November voor die kansel te staan. Die paartjie het verlede jaar November in Doebai verloof geraak.

Kyk net hul mooi verlowingsfoto’s!

Kyk na die res van hul verlowingsfoto’s híér.